More Mense,
Wat maak dat wildsvleis nat en slymerig word?
Ek het n koedoekarkas gekry wat onder rustige omstandighede met n enkele hartskoot doodgeskiet is, en daarna vir n week in n koelkamer gehang het.
Ons het die karkas gisteroggend opgesny, oordag vir n ruk in die vrieskas gepak om weer styf te word en gisteraand verwerk.
Die vleis was opsigtelik nat en slymerig - byna soos met adrenalienvleis, maar dit het nie gestink nie?
