Time to study the FCA, or pay a lawyer to do so. The children under 21 who have obtained competency, and/or firearms licenses, have probably done so before the SAPS became stricter with their implementation of the FCA.
...
My ouer seun se bevoegdheid (al 4 wapenkategorië) is goedgekeur na 11 maande. Hy was 17 jaar oud ten tye van die aansoek.
Interessant dat die DFO op daardie tydstip aan my gesê het die Bevoegdheid gaan nie goedgekeur word nie. Ek vra toe hoekom nie? Hy voldoen aan al die vereistes. Nee, antwoord die DFO, hy is te jonk. Ek sê toe: Al manier om uit te vind is om die aansoek in te stuur...
Hy is nou 19 en het reeds 6 lisensies op sy naam.
Die jonger boetie is 16 en het eers vir sy ID aansoek gedoen. Die week nadat hy sy ID kaart gaan haal het, toe dien ons sy Bevoegdheid aansoek in.
Ja, na regte behoort die onverkorte geboortesertifikaat aanvaar te word. Dit is die enigste wettige ID vir 'n landsburger onder 16 jaar. Ek weet van 'n jongman wat op 12 jaarige ouderdom al sy bevoegdheid gehad het en op 13 sy eerste lisensie. Dit was 'n klompie jare gelede, hy is nou omtrent 25 jaar oud.